Bring Die Lewe Terug in Jou Grond!
Regeneratiewe kunsmis gebore uit meer as 40 jaar se grondkundigheid.
ORGANO-FERT is ’n herlewingsbemesting Ontwikkel uit dekades se organiese boerdery en grondkundige kennis, bevat dit ’n kragtige mengsel van hoendermis, erdwurmkompos, visemulsie, biochar en voordelige mikrobes. Hierdie formule bevorder grondgesondheid, mikrobiese aktiwiteit en volhoubare opbrengste.
Binne-in Organo-fert
Konvensionele boerderypraktyke en chemiese produkte vernietig grondlewe en beskadig plante se wortels se rizosfere. Hierdie lei tot korttermyn winste, maar langtermyn krisis.
Organo-fert gebruik meer as 30 jaar se grondkundige ondervinding om vir jou 'n bemesting te verskaf wat jou plante se Rizosphere-aktiwiteit verbeter vir effektiewe plantvoeding
Bio Char
Biochar is ‘n besonderse stabiele koolstof bron met ‘n ongelooflike uitruil oppervlakte.
Biochar is negatief gelaai en bind met katione wat minerale aan die plant weer beskikbaar stel.
Biochar vorm ook ‘n beskermende teel area vir voordelige mikro organismes.
Dit verbeter waterhouvermoë deurligting en grondstruktuur sowel as help om stikstof verliese te bekamp.
Erdwurm Ekstrak
Erdwurm ekstrak is ryk in bakterieë wat ‘n simbiotiese aksie met plantvoeding, stikstof binding en siekte weerstands verbeteraars soos Bacilus spesies.
Dit is ook ryk aan swamme soos mikorisa wat plantvoeding verbeter en saprofiete wat afbraak van plantreste soos selluslose fasiliteer
Erdwurm ekstrak bevat ook ensieme wat afbraak verbeter en so nutriënte vrystel.
Guano
Guano is een van die mees konsentreerde, organiese bemestingsbronne.
Guano is ryk in stikstof, fosfaat, kalium en mikro elemente sowel as ‘n uitstekende bron van voordelige mikrobes wat grondlewe verbeter
Vis Emulsie
Vis emulsie is ‘n vloeibare visbemesting wat koud vervaardig word om maksimum voedingstowwe te behou.
Dit bevat aminosure wat groei stimuleer en natuurlike hormone wat grond ontwikkeling en plantweerstand teen stres bevorder.
Afgesien van direkte voeding, stimuleer vis emulsie ook mikrobiese lewe in die grond aangesien dit ryk is aan koolstof, peptide en aminosure
Mikrobe Diversiteit
Organo-Fert se microbe lading is diverse en hoog. Niks minder as 4 verskillende kompos bronne , veenmos en verskeie diverse mikrobe bronne word by gevoeg om ‘n hoe en diverse microbe landing te verseker, wat dadelik aan die werk kan spring. Organo-Fert is ook so saamgestel om die microbe lewe te volhou en bevorder.
Humien & Fulfien
Hierdie organiese sure vorm met Humifikasie Die molekules is negatief gelaai en bind met katione, wat die minirale dan weer beskikbaar stel aan die plant wortels wat ook negatief gelaai is.
HUMIENSUUR dien as voeding vir mikro organismes en stimuleer so microbe aktiwiteit. Dit help om grond struktuur en waterhou vermoee te verbeter
FULVIENSUUR is ‘n Kleiner molecule en maklik oplosbaar. Dit vorm chelate waarvoor die plant ‘n hoe affiniteit het en verbeter so plant voeding.